Kaleshaan en die Stamvaders van die Coetsers van Lydenburg

© P.J. Coetser, Pretoria 1987

31-07-2011 - Nota deur Martie Coetser-Pozyn

Aan die nagedagtenis van my pa, P.J. Coetser (Flip), wat op 30-01-1989 oorlede is, omskep ek hierdie boek wat hy geskryf het in ’n elektroniese boek. Voorlopig ‘blog’ ek hoofstuk vir hoofstuk.

Kopiereg wat deur P.J. Coetser bekom is, behoort tans aan sy eggenote, W.F. Coetser.

Sunday, August 28, 2011

Hoofstuk 3 (Kaleshaan en die stamvaders van die Coetsers van Lydenburg)


Die Coetsers en die Groot Trek

http://sa-different-perspective-on-apartheid

1836! 

Die Groot Trek is ’n voldonge feit. Was daar nie tog iets wat die beweging kon stuit nie? Kon die Britse owerheid nie meer tegemoetkomend en bedagsaam opgetree het nie? Weliswaar nie. Hulle het enersyds nie die vermoë gehad nie en andersyds nie simpatie met die blanke grensbewoners gehad nie.

“Die inval deur die swartmense in 1834, die verliese daardeur gely en die nie-betaling van die beloofde skadevergoeding ná die oorlog, nádat die burgers hul diensplig met groot opoffering nagekom het, het hulle geruïneer en verbitter gelaat.” (Van der Walt et al., 1977:193)    

“Die vervanging van Hollands deur Engels as amptelike landstaal en die afskaffing van die howe van landdros en heemrade, waarmee die Koloniste vertroud was, het die verkeer met die administrasie bemoeilik. Die onbekende regsprosedures met die vreemde taal van die nuwe howe, hoe goed hulle origens was, het regsverkryging bemoeilik. Die groot meerderheid van die blanke bevolking het hulle vreemdelinge in hulle eie land gevoel. Om en by 1834 het die ontevredenheid met die Brits bewind sy hoogtepunt bereik.” (Ibid.” 196) 

So begin die mobilisering van die Trek deur manne soos Louis Trichard, Hans van Rensburg, Piet Retief, Gerrit Maritz, Andries Pretorius, Sarel Cilliers en ander. ’n Omvangryke taak lê voor en vanaf 1834 tot vroeg in 1836 word die nodige voorbereidings getref wat uiteindelik in 1836 ’n hoogtepunt bereik.

“Die Groot Trek was in sy wese die eerste groot mobilisasie van ’n deel van die Afrikanervolk met ’n weloorwoë en goedbegrepe doel; die stigting en uitbou van ’n vrye en staatkundige onafhanklike staat, waarin hulle volgens eie tradisies en onder eie wette kon leef.” (Ibid.: 198)

In 1836 is die Coetsers met hul stiefvader, Jan Mathys de Beer, gereed om te vertrek. Jan Mathys se eggenote, Elsje Magdalena Jordaan, was getroud met Johannes Jacobus wat in 1834 oorlede is. In vaste vertroue op die Hoër Hand en die toekoms wat voorlê word die swepe geklap en hul twee waens kom in beweging. Phillipus Jeremias, Elsje se 17-jarige seun, loop saam met sy stiefpa langs die waens.

Gerrit Maritz
Jan Mathys de Beer was ’n stoere boer met goeie leiereienskappe en is as leier van die klein groepie van 15 waens aangestel. Hulle trek oor die Oranjerivier waar hulle ’n wyle vertoef om die trekvee kans te gee om aan te sterk. Intussen daag die trek van Gerrit Maritz vanaf Graaff-Reinet op. Jan Mathys de Beer sluit met sy groepie by hulle aan.

Die aankoms van Maritz in Transoranje het ’n aansienlike versterking van die gemeenskap, wat reeds heelwat veeverliese gely het, beteken.

Die Coetsers beweeg saam met die Maritz-trek en slaan laer op by Sooilaer, Veglaer, ens. Die geskiedenis leer ook van die ontberings wat hierdie trekgeselskappe ondervind het; van die moord by Blaaukrans en Weenen; van die verraad van Dingaan; die herhaalde inmenging van die Engelse en talle ander ellendes.


Piet Retief


“Die agting wat die boere vir Maritz gehad het, was die gevolg dat hy as President en Regter verkies was, met Potgieter as laer-kommandant. Met die aankoms van die ander trekke was dit ’n uitgemaakte saak en so het Maritz ook gevoel, dat Piet Retief as die nuwe leier verkies moet word.” (Ibid.: 206)     

Hendrik Potgieter

debruinfamily.com: DieGrootTrek - Pieter Retief

 Agtergrond geskiedenis en krediete vir foto's:
Hendrik Potgieter

Gaan na die Inhoudsopgawe en kies die volgende hoofstuk wat u wil lees - http://coetserkaleshaan.blogspot.co.za/2015/12/inhoudsopgawe.html




3 comments:

  1. Dankie, Johann! Van die Coetsers in ons FB-groep het ook darem laat weet hulle geniet wat hulle hier lees. 'n Mens wil darem tog weet jy skryf nie vir die voëls nie :) Ek waardeer jou ondersteuning!

    ReplyDelete
  2. Dankie Martie, I appreciate every word written, Groete Rob

    ReplyDelete